Next up:

Next Event: Stay tuned for information on the Dust-off Stories and Poems!

Tuesday, May 26, 2015

The First Concert: Done and Dusted!

Done and dusted! (English below)

Die eerste Afstof-geleentheid in Mtunzini was 'n dawerende sukses, danksy die dorp se talent, die beginners, stowweriges en verroestes se dapperheid en die entoesiasme van die handpalm-afstoffers. Daar was van volksliedjies tot concertos tot moderne treffers op die klavier, mondfluitjie, blokfluit, kitaar en selfs tuisgemaakte slaginstrimente. Die elektrisiteitsverskaffer het ook saamgespeel en vir atmosferiese beligting gesorg. Op 'n stadium het die buurvrou kom klop om te hoor of dit 'n CD is wat speel!
Dit was werklik spesiaal om te sien hoe lekker mense saam kan sing en musiekmaak, selfs lank nadat die voorbereide items weggedawer het. 
Baie dankie aan Annemarie-hulle wat hulle huis beskikbaar gestel het en aan al ons musikante, gehoorlede en saamsingers!
Ons maak binnekort weer so, hou die blog dop!

Done and dusted!

The first Dust-off Occasion in Mtunzini was a roaring success thanks to the talent of the town and the courage of the beggers, the rusty and the dusty. We had from folk songs to concertos to modern hits on the piano, harmonica, recorder, guitar and even home-made percussion. The electrical supplier also joined in with some mood-lighting. At one stage a neighbour came knocking to ask if a CD was playing!
It was truly special to see how wonderful it can me to sing and make music together, even long after the notes of the prepared items had died away.
A big thank you to Annemarie and family for opening their house to us and to all our musicians, singalongers and the audience!
We'll do this again soon, so keep and eye on this blog!

Wednesday, May 6, 2015

The Dust-off Concert: Details

Afstof Konsert (English below)

Hoop julle het al julle instrumente afgestof!

Indien jy al lankal lus het om weer ʼn slag ʼn musiek instrument uit te haal wat jy lanklaas gespeel het, hier is jou kans. Of is jy dalk ʼn beginner wat nog leer speel? Maak nie saak nie, kies ʼn liedjie en kom speel saam met ons! Almal is verroes en stowwerig en opgewonde oor die musiek! Dalk sing ons sommer ʼn lekker liedjie of twee saam!

Wanneer: Vrydagaand, 22 Mei (So jy het tyd om te oefen)
Hoe laat: 19:00
Waar: Mtunzini, Zini River Estate, 3 Hobby Close

Bring:
·         Jou musiek instrument (moet net nie probeer om jou klavier in te laai nie, daar is klaar een!)
·         Iets om te eet om te deel
·         Iets om te drink vir jouself

Ek gaan saam met Betty K ʼn liedjie speel op ʼn blokfluit. Ek het laas blokfluit gespeel voor mense toe ek 9 was!  Wat speel jy?

Hierdie is die eerste aanbieding van die Dust-off Academy, oftewel die Afstof Akademie. Hou die blog dop vir ons volgende aand!

Dust-off Concert

Hope you all have already dusted your instruments!

If you feel like taking out that musical instrument out that you haven’t played for a long time, here’s your chance. Or are you a beginner, still learning how to play? Doesn’t matter, pick a song and come play with us! Everyone is rusty and dusty and excited about the music. Maybe we’ll even have a little sing-along!

When: Friday Evening, 22 May (So you’ve got time to practise)
What time: 19:00
Where:  Mtunzini, Zini River Estate, 3 Hobby Close 

Bring:
·         Your instrument (Don’t try lugging your piano over, there is one already!)
·         Something to eat to share
·         Something to drink for yourself

I’m going to play a song on the recorder with Betty K. Haven’t played recorder in front of people since I was 9 years old! What are you playing?

This is the first offer of the Dust-off Academy. Watch this blog for our next evening!